top of page

 the orange earth 

suidoostersfees | the fugard theatre | cape town | 2013

 

PRESS:

 

★★★★ “Oscar Petersen, in die rol van Johnny Adams, maak aan die begin van The Orange Earth sy hande oop soos ’n god wat die gehoor na hierdie bekorende teaterstuk verwelkom. En so begin hierdie boeiende verhaal – een wat die hartstog en die persoonlike vernedering van ’n gesin in die apartheidsera met sorg en medelye aanpak. En voordat jy sê jy het al duisende sulke stories gehoor, sal Adam Small se The Orange Earth jou aangenaam verras. Een van die sterkpunte van die teks is dat die gehoor nie hier holruggeryde verhale kry nie. Ander vrae word gestel, verskillende perspektiewe kom na vore en die teks put uit die hart en siel. Die regisseur Matthew Wild verdien lof, so ook Angela Nemov en Jennifer Bam, wat die stelontwerp gedoen het. Die stel is visueel sterk en verbeeldingryk en word nou gebruik om gedeeltes van die storie uit te beeld en dan asof dit ’n skaakstel of dambord is. Die gehoor word “toegelaat” om gedeeltes van die storie te sien en te hoor en by tye voel dit asof ons almal, met die hulp van die spelers, steeds besig is om die raaisel van apartheid op te los.Aanvanklik is die storie nie so maklik om te volg nie, maar wanneer die inhoud eers vastrapplek kry, is daar geen keer nie.

 

Die bekwame span van Petersen, Quanita Adams, Andrew Laubscher, Albert Pretorius en Cedwyn Joel verdiep hulle in hul rolle. En soos ’n mens wegstap van die Fugard-teater ná die vertoning, stap jy weg met vrae oor wat identiteit dan regtig is, oor wat velkleur regtig beteken. Hét dit eintlik ’n betekenis? Hoe het die apartheidsregime ons kinders aangetas?“Die kleur van jou vel is God se werk,” sê Johnny Adams en hy herinner ons aan die volgende: “Mag en woorde is baie groot wapens... as hulle jou eers aanval, is daar bitter min wat jy kan doen om jouself te verdedig.” DIE BURGER

bottom of page